Helping Armand, a young man, get independence

23-year old Armand Marais is a student and keen sportsman, who is excited and ready to take on the future. He has a loving family and supportive brother and the world should be his oyster ... all he needs to make his future plans take off: a pair of special glasses from the USA.

 
Vat My Hand Example
Vat My Hand View Video
 
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
 

Initial Request

He needs the glasses to counter en eye disorder, which has affected his eye sight for the past decade. Due to this, he cannot get a drivers license and with that, his independence is seriously impaired. Problem is: the glasses that can change his life cost around R15 000,00 - cash he does not have and his family simply cannot afford.

WATCH: This story at 8:55 and 17:55 on "Vat my Hand" sponsored by Builders Warehouse on Kyknet, DSTV channel 144

ORIGINAL REQUEST:

Hi Dianne

Ek het lank laas met julle gepraat.

Ek heg vir jou hier ‘n brief aan van ‘n jong man, Armand Marais, van 23 jaar. Hy studeer BSC Bourekeningkunde by Tukkies en ek dink hy is in sy laaste jaar. Ek ken hom nie self nie, maar het deur vriende van my van hom gehoor en gehoop Good Morning Angels sal hom kan help en gevra hy moet vir my ‘n brief skryf oor sy situasie.
Wat hy nie in die brief sê nie, is dat hy ook vanaf 2006 aan die wereldkampioenskappe vir lewensredders deelneem. Jy sal nie weet dat hy so te sê blind is nie, totdat jy by hom kom.
Hy benodig ‘n spesiale bril om weer mooi te kan sien.
Hoop julle sal hom kan help!

Bennie Dorfling
National Wheelchair Rugby Coach


Aan wie dit mag aangaan,

Ek vind dit moeilik om dié brief te tik. Ek het nog nooit regtig vir iets so groot en belangrik gevra nie.

Ek is nou al amper 10 jaar gelede gediagnoseer met ‘Stargards”. Dis ‘n oogsiekte wat die skerpkyk-deel van my visie beinvloed en maak dit moeilik om detail te sien. Die siekte maak mens nie blind nie, maar beinvloed tog jou visie erg. Dit verskil van dag-tot-dag en ‘n mens leer om aan te pas.

Ek was ‘n paar jaar gelede by my oogkundige en die moontlikheid is ondersoek van ‘n spesifieke bril wat my kan help. Dit is nou amper ‘n werklikheid! Hierdie bril kom van Amerika af en dit lyk soos ‘n gewone bril, met ‘n tipe teleskoop wat op die raam gemonteer is. Dié “teleskoop” word dan gebruik om die detail duideliker te maak.

Hierdie bril sal my in staat stel om ‘n bestuurders-lisensie te kry en dis my droom om dit te kry sodat ek meer onafhanklik kan word.

Ek is amper 23-jaar oud en die feit dat ek een van die dae ‘n wettige bestuurderslisensie kan kry, sal die wêreld vir my oppmaak.

Daar was al baie trane gehuil en baie opofferings gemaak deur my hele gesin - veral my jonger broer, Ruan. Hy doen die meeste van my rondry sonder om moeg te word of te kla. Ek sal hom nooit regtig kan wys of sê hoe dankbaar ek is vir al sy opoffering nie. Ek hoop ek sal hom eendag kan terugbetaal vir als wat hy al vir my gedoen het.

Ek is ‘n goeie sportman, wat baie oefen en ook afrig. As ek nie iewers gevat kan word nie, ry ek bus sover ek kan. Ek is amper klaar geswot en moet een van die dae die besigheidswêreld betree. Ek dink - of eerder - ek weet dat ‘n bestuurders-lisensie soveel meer deure vir my sal oopmaak en ek kan soveel meer doen vir ander.

Ek kan eintlik gladnie kla oor my lewe of oor ek ‘n oogsiekte het nie. Die Here het al soveel keer voorsien waar ons geen pad oopgesien het nie en Hy doen dit nog steeds daagliks. Ons het soveel mense in ons lewe waarvoor ons maar net dankie kan sê vir al hulle moeite en dat hulle bereid is om te help. Woorde is soms do min om ons gevoelens regtig te kan verduidelik.

Al wat ek weet, is dat niks onmoontlik is nie.

Vriendelike groete,
Armand Marais

 
 
Comments

marietha heyns said on 2013-05-22 10:50:36

ek het vanoggend te heruitsendig gemis wanneer Armand se storie weer uigesaai - baie geinteresteerd in hom want MY seun Wain (27jr) het ook Starguardt . Sal graag wil meer uitvind oor die Bril

Marietha
0761829997

Debbie said on 2013-06-04 15:32:56

Hallo - ja dis fantasties om so iets van te hoor! Ek wil self meer uitvind oor dit, as enige iemand my kan kontak met meer details.

Dankie
Debbie
084 832 9199

shinell said on 2014-02-03 13:14:38

Ek het n vriendin met 'n 8 jare dogter wat dieselfde oog probleem het as Armand. Kan julle dalk die inligting vir ons stuur oor die Amerikaanse firma wat die "teleskoop brille"vervaardig. Dit sal haar bes moontlik kan help. Baie Dankie Shinell shinell.eksteen@sasol.com

 
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
 
 
 
Vat My Hand Sponsors
Vat My Hand Close Button

I need help

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for making a difference!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
How would you like to be helped?
 
 
Vat My Hand Close Button

Send the VatMyHand Producers an Enquiry

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for your enquiry!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
Please type your enquiry below
 
 
Vat My Hand Close Button

Add a Comment

Please complete the form with your desired comment, thank you for your comment!
 
 
Your Name
Your email address
Suggest a URL should you wish
Your comment
 
 
Vat My Hand Close Button

I want to help: Helping Armand, a young man, get independence

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for making a difference!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
How would you like to help?
 
 
Vat My Hand Close Button

Login

 
Username:
Password:
 
 
     Register
Vat My Hand Close Button

Register New User

 
Name:
Email:
Username:
Password:
Repeat Password:
 
 
 
Vat My Hand Close Button

Submission Successful

 
 
Thank you for your submission, it has been sent successfully!
Vat My Hand Close Button

Invalid Submission

 
 
You have entered in invalid information, please close this window to try again. Thank you.
Vat My Hand Close Button

Invalid Security Code

 
 
The security code you have entered does not match the one provided. Please close this box and try again.
Vat My Hand Close Button

Upload Report

 
 
 
 
 
 
...... uploading ......