Repeat - Helping two girls after a school tragedy

Weens n baie ernstige motorongeluk op Donderdag, 29 Maart 2012 is Anandie Oosthuizen vandag n kwadrupleeg en Rona-Lee Johannsen n parapleeg. Hierdie twee dogters was deel van die skool se eerste hokkiespan wat met die hokkietoer oppad was Groblersdal vir n hokkietoer.

 
Vat My Hand Example
Vat My Hand View Video
 
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
 

Initial Request

WATCH: This story this Sunday 8:55 and 17:55 on "Vat my Hand" Sponsored by Builders' Warehouse on Kyknet Channel 144

Dié twaalf spelers plus twee jong onderwyseresies het met groot opwinding op hulle eerste sporttoer in die skool se minibus die Donderdagoggend vertrek. Die skool se eerste rugbyspan het saam met hulle in 'n ander bussie van Musina vertrek. Nadat beide bussies in Polokwane gestop het vir die aankope van sporttoerusting, is die rit hervat. Die bussie met die rugbyseuns het die voortou geneem, gevolg deur een van die manspersoneel in 'n kleiner voertuig. 'n Ent agter hom het die hokkiedogters gevolg.

'n Voertuig wat voor die hokkiedogters gery het, het links van die geellyn gehou. In die moment toe die bussie met die hokkiedogters regs by die voertuig wou verbyswenk, het die bestuurder van die motor sy voertuig weer na regs geswaai omdat die teerpad se ryvlak redelik hoog was van die grondgedeelte aan die linkerkant van die pad. Die jong onderwyseressie het in 'n poging om 'n botsing met hierdie voertuig te voorkom na regs geswenk. Weens die swaargelaaide waentjie wat deur die bussie gesleep is, het die bussie ge'jack-knife' waarin die waentjie losgeruk het. Die bussie het begin tol.

Die meeste van die dogters het in hierdie stadium geslaap. Die groot skuifdeur het losgeruk en die dogters naaste aan dié deur is uitgeslinger. In die rol aksie het die bussie oor twee van die dogters wat uitgeslinger is, gerol. Die mansonderwyser wat in die kleiner skoolvoertuig gereis het, het die grusame gebeure in sy truspieëltjie sien afspeel. Hy het die onderwyser wat die bus met rugbyseuns bestuur het, in kennis gestel en beide het teruggedraai. 'n Tragiese toneel het hulle begroet: drie van die dogters het in die middel van die pad gelê, die ander het bebloed in die veld weerskante van die pad gelê. Drie was nog binne die bussie.

Een van die dogters wat in die pad gelê het was uiters kritiek. Sy is in die ambulans oppad na die Lebowakgomo- hospitaal aan ernstige breinbeserings oorlede. Op die ongelukstoneel het die mansonderwysers en rugbyspelers probeer help waar hulle kon. Anandie Oosthuizen was tydens die impak van die ongeluk in 'n doringbos geslinger. Sy was bewusteloos. Rona-Lee Johannsen se een been was in onnatuurlike posisie gebuig met haar voet byna teenaan die sykant van haar kop gedruk. Verskeie ambulanse was binne oomblikke op die toneel en het al die beseerdes na die naaste hospitaal in Lebowakgomo geneem.

Vir die rugbyseuns wat op hierdie toneel afgekom het, was dit 'n traumatiese ervaring: iets wat hulle nie gou sou kon vergeet nie.
Vanaf Lebowakgomo-hospitaal is al die beseerde dogters oorgeplaas na die privaathospitaal in Polokwane. Daardie nag is verskeie ernstige operasies uitgevoer. Die dokters het vasgestel dat Anandie se vyfde rugwerwel ontplof het. Plate moes ingesit word om die rugmurg wat gepenetreer was met beenskrapnel te beskerm. Rona-Lee se elfde rugwerwel het op die x-straalplate gelyk soos 'n platgedrukte marshmallow en moes ook onder operasie met plate weer in posisie geplaas word. Twee van die ander dogters is vir heupfrakture geopereer. Die een dogter, 'n matrikulant, wat heel agter in die bus gesit het, is by die agterruit uitgeslinger en het ongeveer 10m van waar die bussie te lande gekom het, gelê. Toe die rugbyspelers op die toneel afkom, het sy gelyk na die mees beseerde dogter omdat sy veelvuldige snywonde opgedoen het. Buiten die heupfraktuur het sy 'n snywond van ongeveer 25cm op die skouergedeelte van haar rug gehad. Een van die dogters wat op die oog af geen tekens van 'n ernstige besering getoon het nie, daar was net 'n klein bloedstraaltjie teen haar een slaap, moes 'n breinoperasie ondergaan. Sy het na dié operasie in 'n koma verval en is die volgende Dinsdag breindood verklaar. Haar diepbedroefde ouers wat reeds 'n seun in 'n rotsstoring verloor het, moes toekyk hoe die masjiene van hulle pragtige dogter afgeskakel word.

Die een onderwyseres en nog een ander dogter moes 'n paar weke later vir nekoperasies gaan. Die onderwyseres loop nou, na ses maande sedert die operasie, steeds met 'n harde nekstut aangesien die been nog nie aangegroei het nie. Slegs drie van die hokkiespelers was heeltemal ongedeerd. Twee van die spelers het armbreuke en ligte snywonde opgedoen.
'n Week nadat Anandie en Rona-Lee geopereer is, is hulle na die Muelmed Ortopediese Rehabilitasie Mediclinic oorgeplaas. Rona-Lee is teen die einde van Junie ontslaan en Anandie op 12 Julie 2012.

Anandie en Rona-Lee is sedert 23 Julie 2012 weer terug by die skool. Hoewel beide hierdie twee jong mense goed inskakel en die beste maak van hul omstandighede, is die finansiële druk op die ouers geweldig groot. Anandie se ouers het 'n mediesefonds, maar dit is alreeds 'n geruime tyd weens die maandelange versorging in die Muelmed hospitaal en die groot nekoperasie in Polokwane uitgeput. Haar medikasie per maand beloop ongeveer R1 500 en 'n verdere R2 000 moet maandeliks aan die plaaslike Biokenetikus betaal word vir weeklikse terapie om bloedsomloop en spierstimulasie te verseker. Omdat Anandie nie die gebruik van haar hande het nie, moet sy 'n elektroniese rolstoel hê om op die skoolterrein te beweeg. Vir toetse en eksamens lê Anandie mondelinge eksamens af wat deur middel van die proses Amenuensis voltooi word. Dit is egter met die voltooi van huiswerk en opdragte waar sake bemoeilik word, omdat sy nog nie daartoe in staat is om op 'n ipad/rekenaar te werk nie. Hoewel sy medies gesproke nie die gebruik van haar hande sal kan herwin nie, is daar die hoop dat volgehoue terapie 'n mate van gebruik van haar hande weer kan herstel. Wat Anandie se beserings so tragies maak, is dat sy 'n top swemmer was wat reeds baie groot prestasies in die swembad behaal het. Sy het provinsiaal deelgeneem aan swem. Verder is sy 'n briljante akademikus wat ten spyte van die ongeluk steeds goeie punte behaal. Haar tekentalent is ook deur die ongeluk geraak. Die vingers wat eens die mooiste potloodsketse en verfwerk kon doen, is nou byna bewegingloos.

Rona-Lee se mediese onkostes per maand beloop dieselfde as Anandie sin: R1 500 vir medikasie en R2 000 vir terapie. Rona-Lee se ma het geen medies nie. Die skool en gemeenskap het vir die onmiddellike kostes na die ongeluk gesorg. Tans moet haar ma probeer voorsien in al die behoeftes. Rona-Lee se elfde werwel is platgedruk tydens die ongeluk en haar rugmurg is 90% beskadig met geen kans om weer te loop nie. Hoewel Rona-Lee nie op sportgebied 'n uitblinker was nie, is sy 'n sprankelende, opgeruimde jong meisie wat nie eens deur die tragiese nagevolge van die ongeluk gedemp kan word nie.

Albei dien op die skool se leerlingraad en doen getrou hul diens op die stoepe en pligte in hulle onderskeie portefeuljes.
Ander mediese uitgawes wat beide op 'n maandelikse basis het, is die kostes rondom hulle blaasfunksies. Beide het permanente kateters in wat gereeld vervang moet word en dus die mediese kostes verder opjaag.

Omdat albei terapie ontvang, reken die biokenetikus dat waterterapie soveel beter sal wees. Waterterapie kan moontlik vir Anandie help om die gebruik van veral haar hande terug te kry. Rona-Lee behoort deur die waterterapie meer sensoriese gevoel te kry wat sal beteken dat sy nie meer 'n permanente of tydelike kateter hoef te gebruik nie. Dit sal haar dus instaat stel om te voel wanneer sy die badkamer moet gebruik. 'n Hystoestel is egter nodig om hulle van langs die swembadrand in die swembad te laat sak en na die oefensessie weer uit te lig. Die ouers beoog om een so toestel plaaslik te laat maak wat hulle by 'n sentrale swembad kan gebruik. Fondse word egter vir hierdie projek benodig en na beraming sal dit R10 000.00 beloop.

Enige finansiële hulp wat kan bydra om die twee sonstraalkinders weer met 'n lig in die oë en 'n lied in die hart, hulle lewens kan laat hervat, sal waardeer word.
By voorbaat dankie.

Colleen van Staden HOD: Hoërskool Eric Louw

 
 
 
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
 
 
 
Vat My Hand Sponsors
Vat My Hand Close Button

I need help

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for making a difference!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
How would you like to be helped?
 
 
Vat My Hand Close Button

Send the VatMyHand Producers an Enquiry

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for your enquiry!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
Please type your enquiry below
 
 
Vat My Hand Close Button

Add a Comment

Please complete the form with your desired comment, thank you for your comment!
 
 
Your Name
Your email address
Suggest a URL should you wish
Your comment
 
 
Vat My Hand Close Button

I want to help: Repeat - Helping two girls after a school tragedy

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for making a difference!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
How would you like to help?
 
 
Vat My Hand Close Button

Login

 
Username:
Password:
 
 
     Register
Vat My Hand Close Button

Register New User

 
Name:
Email:
Username:
Password:
Repeat Password:
 
 
 
Vat My Hand Close Button

Submission Successful

 
 
Thank you for your submission, it has been sent successfully!
Vat My Hand Close Button

Invalid Submission

 
 
You have entered in invalid information, please close this window to try again. Thank you.
Vat My Hand Close Button

Invalid Security Code

 
 
The security code you have entered does not match the one provided. Please close this box and try again.
Vat My Hand Close Button

Upload Report

 
 
 
 
 
 
...... uploading ......