Martie needs help after her eye fell out.

Verlede jaar November het Martie op die gras met die honde gespeel en 'n sak met 'n been in, in die lug opgegooi, toe 'pop' haar oog heeltemal uit die oogkas uit. Sy het histeries gegil en gehuil deurmekaar, want dit was verskriklik pynlik vir haar

 
Vat My Hand Example
Vat My Hand View Video
 
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
 

Initial Request

Daarna het dit weer 3 keer gebeur. Een keer terwyl sy televisie gelê en kyk het en die ander kere in haar slaap. Elke keer was haar oog vir twee dae bloed belope rooi en die ooglede baie dik geswel en die bolid effens blou. Ons huis dokter, Dr Eduan van Rensburg, het ons Januarie, toe die oogartse oop maak, dadelik daarheen gestuur. Dr Louw en Dr Venter(beide oogartse in Bloemfontein) het saam besluit dat hulle vir haar hier niks kan doen nie. Hulle het ons verwys na Prof Graewe in Kaapstad. Intussen moet ons voorkom dat dit weer gebeur, want die oogsenuwee kry elke seer as die oog uit die oogkas 'pop' wat kan lei tot blindheid. Hoe voorkom ons dit;
' Sy mag nie trampoleen spring nie
' Sy mag nie motorfiets ry nie
' Sy mag nie met die honde speel nie
' Sy mag glad nie hardloop of spring of buk nie
' Sy mag niks optel van die grond af nie
' Sy mag nie lê sonder dat haar oë toe gebind is nie
' Sy kan by niemand gaan kuier nie, want hulle kan nie haar oog hanteer nie
' Sy kan nie snags alleen toilet toe gaan nie, want haar oë is toegebind. Ewe skielik is sy weer afhanklik van almal om haar

' OPLOSSING VIR HUIDIGE SITUASIE:
Ons was die 9de Februarie 2012 by Prof Graewe in konsultasie. Hy kan ook niks aan die probleem doen nie, omdat hy sê dat die geval buite sy gebied is. Hy het ons toe verwys na Prof Morkel by Tygerberg hospitaal die volgende dag. Hy kan die probleem aanspreek, maar omdat ons so ver van die Kaap af woonagtig is, het hy aanbeveel dat ons eerder Pretoria toe gaan na Prof Butow by Wilgers Hospitaal. Ons was in konsultasie met Prof Butow by 'Facial cleft clinic' te Steve Biko hospitaal in Pretoria die 17de Februarie 2012. Op daardie stadium was die hospitaal se scanner masjien buite werking. Hy het ons met 'n verwysing terug gestuur Welkom toe vir CT scan. Verder het hy aan ons die operasie verduidelik en al die probleme uit gelig. Hy kan haar akademies doen, maar wil dit nie graag doen nie want:
I. Daar is waglys van tot 2 jaar en die probleem kan nie solank wag nie. Die gevaar dat sy haar oog gaan verloor is net te groot
II. Die hospitaal beskik nie altyd oor narkotiseers wat geskik is vir hierdie operasie nie
III. Die harnas wat hulle gebruik kos R80 000.00 wat ons kontant moet betaal vooraf.
IV. As dit alles in plek is, en die hospitaal het nie geld vir sterilisasie van pakke nie, word alle teater gevalle vir dag gekanselleer
V. Die nasorg direk na die operasie is uiters belangrik en hy is nie in beheer van watter personeel aan diens is nie. Die operasie duur 10 tot 12 ure.

Ons het vir haar 'n mediese fonds met haar pensioen geld uit geneem: Keycare plus van Discovery. Hulle betaal net sekere dokters in sekere hospitale. Wilgers hospitaal en Prof Butow is uitgesluit op hulle lys. Ons probeer om hulle te oorreed om net 'n gedeelte te betaal, maar huidiglik kon ons nog niks uitrig nie.
Ons het hom die 14de Maart weer gesien in sy privaat praktyk, waar hy vir ons al die kostes volledig gee het asook die kostes van die hospitaal. Hy het gesê dat so 'n operasie nie minder as R150 000 sal kos nie. Dit is 'n onmoontlike bedrag vir enige mens om sommer net te betaal.

' TEN SLOTTE:
Ons kan net eenvoudig dit nie aanvaar om nou sommer net handdoek in te gooi nie! Van geboorte af wou satan haar mooi lewe kom steel en Jesus het ons die krag gegee om terug te veg en deur Sy genade is haar lewetjie vandag een groot wonderwerk ' nou dit! Om hierdie spontane lewenslustige mens te sien wat ewe skielik soos 'n patetiese ou mensie is wat niks mag doen nie, breek mens tot in die afgrond! Om in haar oë te kyk en die onsekerheid en bang te sien is alles behalwe lekker. Sy kry nagmerries oor haar oog, sy droom haar oog val op die grond en sy is blind en kan nooit weer iets doen nie. Sy is verstandelik gestrem, maar nie stupid nie! Dit is vir haar geweldig traumaties en sy weet ook ons het nie die finansies om dit te kan betaal nie. Dan kom sy na my toe en sê: 'Mamma kan my pensioen geldjies alles vat en vir dokter gee sodat hy my ogie kan reg maak. Ek wil nie blind wees nie.' Sy het geen begrip van geld nie ' hoe troos ek haar dan? Wat antwoord ek haar dan?
Asseblief help haar!

Combrinck gesin (Papppa Johann, Mamma Hannelie, Andries, Lindi, Adri)


AGTERGROND EN GESKIEDENIS:

' SWANGERSKAP EN GEBOORTE:
Dr W Brummer (ginekoloog) het 'n meervoudige swangerskap met transfusie sindroom vroeg tydens swangerskap gediagnoseer. Ten einde albei babas te red, is hulle verlos op 27 weke swangerskap. Met geboorte was sy die pletoriese baba, m.a.w die een met te veel van alles. Daar is dadelik bloeduitruilings gedoen om enige skade aan die organe en brein te voorkom. Sy egter egter die aand van dag 3 konvulsies gekry. Dr Karshagen, kinderarts, het dadelik 'n lumbaal punksie gedoen en haar 'n drup toegedien. Hy kon niks fout vind nie, maar het nogtans voorkomende medikasie toegedien om verdere konvulsies te voorkom. Hy het gesê dat dit so vinnig gestop is dat die brein niks sal oorhou daarvan nie. Dit is egter verder vererger deur 'n nalatige fout in die hospitaal deur 'n suster daardie selfde nag wat uitgebreide breinskade dwarsdeur die hele brein veroorsaak het. Ons het geweet dat sy verstandelik gestrem sou wees a.g.v die aantal ure wat sy konvulsies gekry het. Dr Karshagen het gesê dat hy sal help om haar en die hospitaal te vervolg; maar ons het besluit dat dit niks sou help nie; die skade was daar en niks sou dit kon weg neem. Sy het ook baie vlak oogkaste gehad a.g.v cruzon sindroom. Sy was 98% skeel.

' ONTWIKKELING EN VERDERE BEHANDELING:
Gedurende die eerste 5 maande kon ons duidelik agterkom dat sy stadiger ontwikkel. Sy was bang om te beweeg en was baie stil. Tog het sy op 3 maande begin sit, maar soos 'n 'buda-beeldtjie', heeltemal inmekaar met handjies gestut langs haar sye. Na baie sukkel by 'n oogarts wat niks omgegee het nie, is ons verwys na 'n ander oogarts, Dr Marais. Hy het dadelik met behandeling begin deur ons aan te sê om die oë alternatiewelik vir twee ure toe te maak sodat sy net met een ogie kyk. Dit het wondere gedoen; sy het begin rond vat en vroetel soos 'n normale baba. Volgens hom het sy klomp beelde deur mekaar gesien wat haar verwar het omdat sy 98% skeel was. Hy het ons toe verwys na Tygerberg se kraniofasiale eenheid. Hier het Prof Zeeman haar gesien en vir 6 weke toetse gedoen waarna sy op 15maande opereer is en hy kraniofasiale herstel van die oogkaste gedoen het deur die booonste gedeelte van die oogkaste vorentoe te skuif. Op daardie stadium het ons medies gehad en in die ou bedeling is sulke rare operasies slegs in die akademiese hospitale uitgevoer waar al die toerusting was wat dit baie bekostigbaar gemaak het. Hierna was sy nog 45% skeel, wat herstel is, deur 'n strabisme herstel operasie, deur Dr Marais in Bloemfontein op 18 maande Al het alles daarop gedui dat sy nooit sou kon verder ontwikkel as om te sit nie, het sy begin kruip na die eerste operasie en tot almal se verbasing begin loop na die tweede operasie. Beide dokters het gevoel dat dit absoluut 'n wonderwerk was, aangesien hulle haar as onopvoedbaar verstandelik gestrem ge-evalueer het gedurende die 6 weke lange toetse en ondersoeke. Sy is egter mank, aangesien sy ook spasties is aan die linker kant en die een been is korter as die ander een.
Ons het besef dat die Here met haar 'n groter doel het en het alles in ons vermoë gedoen om haar te stimuleer om verder te ontwikkel.
Ons het haar een keer per week Bloemfontein toe geneem vir fisio- en arbeidsterapie. Dit was 110km vanaf ons woning. Op 3 jarige ouderdom het beide van hulle aanbeveel dat ons haar na Martie du Plesssis skool vir serebraal gestremdes in Bloemfontein moet neem. Daar kon sy elke dag fisio- en arbeidsterapie kry sowel as voorskoolse stimulasie. Dit was hart verskeurend om so 'n klein dogtertjie so ver van jou af in 'n koshuis te plaas. Ons het egter deur gedruk, want dit was die beste vir haar.
Op 7 jaar het hulle egter besluit dat sy nie voldoende ontwikkel het vir normale skool nie en het hulle haar oorgeplaas na Lettie Fouche skool vir verstandelik gestremdes. Ons het haar egter na Amari skool vir verstandelik gestremdes in Welkom geneem omdat dit vir ons 'n beter skool was. Marti kon egter glad nie in die koshuis aanpas nie, want dit was 'n bizarre plek, waar kindertjies van haar ouderdom soos wilde goedjies was wat toegesluit word. Ons het besef dat sy verstandelik, volgens sielkundiges, daar hoort, maar verseker was sy verder as hulle emosioneel ontwikkel en was haar mylpale ver bo hulle. Die skool het haar goed gedoen, maar die koshuis het meer afgebreek as wat die skool goed gedoen het.
Ons het toe van Doktor Jan Strydom(doktor in opvoedkunde ' audiblocks) in Pretoria gehoor en hom gekontak. Hy het haar evalueer en bevind dat sy reeds baie verder ontwikkel was as wat die sielkundiges beweer het want sy kon doen en bereik wat ander kinders met dieselfde IK nooit sou bereik nie. Hy het aanbeveel dat ons haar dadelik uit die skool moes neem en begin met 'n intensiewe tuis brein stimulasie program. Op daardie stadium was dit onwettig om tuis onderrig toe te pas. Ons het met genade en guns van die Here hier deur gekom en sy het baie goed ontwikkel. Op 10-jarige ouderdom het sy begin stagneer en nie verder gevorder nie. Ons het haar toe in Bultfontein skool se spesiale klas laat opneem. Sy het heel goed gevaar, maar kon nooit leer lees of skryf nie. Op 12-jarige ouderdom het die klas in die skool gesluit en is sy terug na Lettie fouche skool vir verstandelik gestremdes in Bloemfontein. Hier het sy geblom, want sy was emosioneel en verstandelik baie sterker as haar ouderdom kind. Sy het ontwikkel in 'n sterk leiertjie en was al die onderwysers se regterhand. Naaldwerk was haar sterkste vak, daarna kookkuns.
Op 18-jarige ouderdom het sy skool verlaat en daarvandaan is sy by die huis waar sy haar besig hou met huishoudelike take soos die hantering van die wasgoed en die was daarvan met die wasmasjien en groente voorbereiding. Verder het ons vir haar 'n braaikuiken besigheid op klein skaal begin. Sy hou toesig oor die versorging van die kuikens en gaan omtrent elke uur kyk of alles met hulle reg is. Sy het dus baie groot sukses met die boerdery van haar. Verder doen sy laslappie werk met die hand en het al aan verskeie uitstallings deelgeneem waar almal verbaas was oor wat sy bereik. Sy is egter ook versot oor legkaart bou en bou gereeld legkaarte met 1 500 stukke. Vir oefening spring sy trampoleen.
Sy was so bevoorreg om 'n 4-wiel motorfietse as geskenk te kry wat sy baie geniet en voluit 'jaag'!
Verder 'challenge' sy die ander kinders met rekenaar speletjies!
Verlede jaar Februarie het sy hiper tiriodisme ontwikkel. Die tiroied klier is bestraal met radioaktiewe jodium. Tans gebruik sy eltoxin tablette en is honderd persent gesond.

Marti is baie geliefd in ons huisgesin. Sy het 'n ouer broer en suster en dan haar tweeling suster. Almal het vir haar 'n troetelnaam en hulle redeneer gereeld onder mekaar wie gaan vir haar kry as ons die dag nie meer daar is nie. Andries en Lindi, ouboet en ousus, het duidelik vir ons gesê toe sy klaar is met skool dat ons haar net nie moet gaan weg bêre in 'n verstandelik gestremde inrigting nie, want sy hoort nie in so 'n plek nie. Hulle neem haar oral saam met hulle. Tweeling sus (Adri) is natuurlik baie lief vir haar en glo ons vry: Marti is die leier van die tweeling, al is sussie 100% normaal.
Plus minus 3 jaar gelede het daar eendag 'n muggie in haar oog gevlieg. Sy het haar gesig vas gegryp en te hard onder die R-oog gedruk wat veroorsaak het dat die oog uit gespring het. Dit het nooit weer gebeur en ons het aanvaar dis omdat sy te hard gedruk het. Ons was egter bekommerd aangesien Prof Zeeman gesê het dat die middel derde van die gesig moontlik sal moet geskuif word op 18-jarige ouderdom. Ons het nou nie meer medies en met die nuwe bedeling het die privaat hospitale vooruit gegaan en die akademie terug! Ons het dus nie eens probeer om terug te gaan nie aangesien Prof Zeeman nou ook net privaat werk.

 
 
 
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
 
 
 
Vat My Hand Sponsors
Vat My Hand Close Button

I need help

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for making a difference!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
How would you like to be helped?
 
 
Vat My Hand Close Button

Send the VatMyHand Producers an Enquiry

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for your enquiry!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
Please type your enquiry below
 
 
Vat My Hand Close Button

Add a Comment

Please complete the form with your desired comment, thank you for your comment!
 
 
Your Name
Your email address
Suggest a URL should you wish
Your comment
 
 
Vat My Hand Close Button

I want to help: Martie needs help after her eye fell out.

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for making a difference!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
How would you like to help?
 
 
Vat My Hand Close Button

Login

 
Username:
Password:
 
 
     Register
Vat My Hand Close Button

Register New User

 
Name:
Email:
Username:
Password:
Repeat Password:
 
 
 
Vat My Hand Close Button

Submission Successful

 
 
Thank you for your submission, it has been sent successfully!
Vat My Hand Close Button

Invalid Submission

 
 
You have entered in invalid information, please close this window to try again. Thank you.
Vat My Hand Close Button

Invalid Security Code

 
 
The security code you have entered does not match the one provided. Please close this box and try again.
Vat My Hand Close Button

Upload Report

 
 
 
 
 
 
...... uploading ......