Cherise Höll gets some help with her dream wedding (GMA).

Cherise was born with Severe Alcohol Syndrome ... this stunted her growth and she is beautiful, petite 1,48 meters tall. Her mother just dropped her off with friends of neighbours when she was a baby and only came back five years later to pick her up. This happened, again and again throughout her life, until she was old enough to stand on her feet.

 
Vat My Hand Example
Vat My Hand View Video
 
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
 

Initial Request

27-year old Cherise Höll is working very hard. Like any bride-to-be, she knows there is much to do. Money is tight, which means that she's already started planning and working on her special day, eventhough it's only on 1 December. She's already making her own invitations. She doesn't want anything too fancy ... just a hall where close friends and "family" can share a few snacks to celebrate her special day. Up to now, the story is not really unique, but if you consider what Cherise has overcome to get to this point in her life ... the story almost turns into a real life Cinderella drama. Cherise was born with Severe Alcohol Syndrome ... this stunted her growth and she is beautiful, petite 1,48 meters tall. Her mother just dropped her off with friends of neighbours when she was a baby and only came back five years later to pick her up. This happened, again and again throughout her life, until she was old enough to stand on her feet. Her non-offical adoptive sister, who also looked after her for two years, Magda Nieman asked for help, to make Cherise's wedding a special day, worthy of celebrating her overcoming so many obstacles in her life. The wonderful Caring Daisies, like a fairy god-mother, have waved a magic wand, so to speak ....



Cherise and her Schalk



SPONSORING: The Caring Daisies, a group of mothers with day jobs, rallied all their contacts and friends and have pledged to throw Cherise a wedding day that she will never forget. They've already secured a venue, a church, a dress, a minister, wedding singer, Pieter Smit and a honeymoon for Cherise and Schalk! And what they don't have, they will find - like they always do!



ORIGINAL REQUEST:



Goeidag aan al die Caring Daisies en Good Morning Angels.



Eerstens wil ek begin deur vir julle baie dankie te se vir al die goeie dinge wat julle aan die gemeenskappe daar buite doen, en vir al julle warm liefde wat julle aan julle naaste betoon.



Ek het een oggend na die Sondag erediens die program van good morning angels gekyk waar julle daisies vir n dame geld bymekaar gemaak vir n nuwe been en was oorweldig toe ek hoor dat julle almal mammas is met elkeen sy eie werk en dat julle net die daisies is in julle spaar tyd. Dis wonderlik dat daar nog sulke mense is.



Ek het ook n storie om vir julle te vertel en ek het gehoop dat julle daarna kan kyk en miskien ook so in julle hart sal vind om hierdie jong dame te kan help.

Hier is n kort geskiedenis van haar lewe.



Cherise is 'n 27-jarige dame wat gebore is met alkohol syndroom (babas word daarmee gebore wanneer hulle moeder oormatig alkohol gebruik wanneer sy swanger is). Die sindroom het haar groei belemmer en daarom is sy net 1.48m hoog en weeg sy so 36kg en dra n nommer 2 skoentjie. Sy is eintlik n volwasse vrou in n 10 jarige kind se lyf. Sy is n pragtige mens met die mooiste gesiggie en wonderlike hartjie.



Na Cherise se geboorte het haar ma (wat toe in n kroeg gewerk het) haar by ons buurvrou gelos, wat na die pasgebore babatjie gekyk het gedurende die dag. Ek het altyd na skool gou by die buurvrou ingeglip om na die pragtige babatjie te gaan kyk. Toe Cherise 6 weke oud was wou haar ouers Sun City toe gaan en het niemand gehad om agter die baba te kyk vir die naweek nie, Cheryl (Cherise se ma) het my ouers genader en vir hulle gevra of hulle moontlik na haar baba kan kyk tot Sondag toe dan sal sy haar weer kom haal. My ouers het daaroor na gedink en toe ingestem. Die Vrydag middag het hulle haar by die buurvrou opgtel en direk na ons huis gebring letterlik met n paar doekies 1 vessie en 2 baby grows melk formule en n bottel of twee.

Ons het die hele naweek lekker pop gespeel en my ouers het n ekstra stelletjie of twee kleertjies gaan bykoop. Die baba was gebad teen vyfuur en die skoon kleertjies was netjies in die sak gepak reg vir die ma as sy haar kom haal so teen 6uur soos beloof.

Hulle het net nie op gedaag nie, vir 5jaar het daardie dogtertjie in ons huis groot geword, sy het my ouers geken as mamma en pappa en ons was haar boeties en sussies sy het geen ander mamma of pappa geken nie. My ouers was reeds in die begin 50??s toe Cherise by ons kom bly het. My ouers het voor die kansel gestaan en haar gedoop, sy het alles wat haar hartjie begeer het gekry n goeie Christelike liefdevolle lewe.



Toe Cherise so 2jaar oud was toe het sy baie siek geword en was opgeneem in die hospitaal met Croep. Dit het my ouers derduisende rande gekos vir haar mediese rekeninge want sy was nie op my ouers se mediese fonds nie. Toe my ouers se aannemings proses uiteindelik goed gekeur is en hulle spoor Cherise se ouers op om haar af te teken toe kom hulle haar haal, dit na 5 jaar. My ouers was histeries asook Cherise toe Cheryl haar agter in die motor sit en daar weg trek Cherise het soos n besetene gegil en teen die ruit geslaan terwyl sy die heeltyd skree mammie mammie. Ons het verslae daar gestaan met harte wat heeltemal stukkend was.



Van daardie dag af was haar lewe nooit weer dieselfde nie, sy het by haar biologiese ouers gebly wat sy van geen kant af ken nie. Sy was blootgestel aan drank en geweld wat sy glad nie geken het nie. Haar eerste jaar in graad 1 druip sy die graad want sy was Afrikaans groot gemaak en hulle het haar in n Engelse skool gesit.

Ek het intussen in kontak gebly met haar en het haar oor naweke gaan haal en haar dan na my ouers toe gevat vir die naweek. Toe Cherise in graad 5 is toe vra Cheryl my of ek nie vir n rukkie na Cherise wil kyk nie,( ek was reeds getroud met my eie kinders) ek het Cherise ingeneem en sy het vir twee jaar by my gebly waar ek gesorg het vir alles wat sy nodig het en ook haar skoolgeld betaal het. Na twee jaar het hulle weer een middag daar by my aangekom en haar goed gevat en is toe weer daar weg met haar. Sy het vir n paar maande weer by hulle gebly en was weer in n ander skool gesit, toe hulle haar vir die laaste keer gaan aflaai het by een van Cheryl se mansvriende Jay. Hy was n ouerige man met n dogter wat dieselfde ouderdom as Cherise was en was n enkelouer. Jay het sy eie besigheid gehad en kon darem mooi na Cherise kyk.



Ek het nogsteeds Cherise naweke gaan haal om vir ons te kom kuier. Cherise het by Jay gewoon tot in haar Grd 10 jaar op skool toe Jay se besigheid begin onder gaan het en hy alles verloor het. Cherise het daardie jaar klaar gemaak met skool aangesien daar nie Vervoer was na die skool toe en geld om die skoolfonds en boeke te koop nie. Sy het weereens geen heenkome gehad nie en ek het haar gaan haal en gese nou was dit die laaste strooi sy is nou oud genoeg om teen haar ouers te baklei as hulle dit ooit weer sou waag om haar net te wil kom haal. Ek het haar Pretoria toe gebring



Toe Cherise agtien word het ek vir haar n werk gekry en sy was nie meer finansieel afhanklik van my nie. Vandag is sy amper 28 jaar oud en kyk sy glad nie terug nie. Sy wil nie kontak he met haar biologiese ouers nie. Cherise het twee jaar gelede n wonderlike man ontmoet en van daar af is sy die gelukkigste mens op aarde. Sy is betrokke by Christelike selgroepe en met haar skamele R5500.00 wat sy per maand verdien, help sy ook om n huisgesin te onderhou met twee bejaardes oom Robert 87 jaar en sy vrou 84 jaar, asook hulle gestremde seun van 64 jaar. Hulle spandeer al hulle vrye tyd by die oumense se huis en gaan ten minste 2 keer n week om te gaan kook en huis skoon maak vir hulle.



Dit is dus kortliks nie eers n druppel in die emmer van wat hierdie meisie moes deurgaan nie. Ek weet julle wonder nou maar wat het die kind se geskiedenis met ons daisies te doen. Ek soek hulp ek wil bitter graag haar help met haar troue sy en Schalk het besluit om die 1ste Desember 2012 te trou. Hulle finansies laat dit nie toe om vir haar n behoorlike troue te kan gee waaroor sy altyd nog net gedroom het nie. My broer het gereel om n saal vir haar te kan kry waarvoor sy nie hoef te betaal nie, en dan wil sy maar net n paar snacks maak vir die gaste. Dit breek my hart want as ek haar sien dan is sy besig om troues te google en as ek die blink in haar oe en die opgewondenheid in haar stem hoor dan wil ek net in trane uitbars. Sy is tans besig om haar eie uitnodigings kaartjies te maak ja dit is nog so lank voor Desember maar dit is al hoe sy die kostes kan dek is wanneer sy elke maand bietjie vir bietjie koop dit maak en dan wag vir haar lone om weer ander te kan koop. Ek het n huishouding ook met 3 pragtige dogters en kan haar finansieel nie help nie, en na die afsterwe van ons vader is my ma ook finansieel nie in staat om haar te help nie aangesien sy ook net van n pensioen lewe.



Asb daisies ek weet sy kort nie n ledemaat en dat sy n gesonde persoon is, maar julle weet nie hoe baie dit vir haar gaan beteken as sy weet sy gaan n pragtige troue kan he en sy hoef nie meer een slapelose nag daaroor te he nie. Ek en my hele familie is bereid om julle te help met enige projekte ons weet net nie waar om te begin om so iets te reel nie.



Byvoorbaat Baie Dankie



Groete aan almal

Magda Nieman







 
 
 
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
 
 
 
Vat My Hand Sponsors
Vat My Hand Close Button

I need help

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for making a difference!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
How would you like to be helped?
 
 
Vat My Hand Close Button

Send the VatMyHand Producers an Enquiry

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for your enquiry!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
Please type your enquiry below
 
 
Vat My Hand Close Button

Add a Comment

Please complete the form with your desired comment, thank you for your comment!
 
 
Your Name
Your email address
Suggest a URL should you wish
Your comment
 
 
Vat My Hand Close Button

I want to help: Cherise Höll gets some help with her dream wedding (GMA).

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for making a difference!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
How would you like to help?
 
 
Vat My Hand Close Button

Login

 
Username:
Password:
 
 
     Register
Vat My Hand Close Button

Register New User

 
Name:
Email:
Username:
Password:
Repeat Password:
 
 
 
Vat My Hand Close Button

Submission Successful

 
 
Thank you for your submission, it has been sent successfully!
Vat My Hand Close Button

Invalid Submission

 
 
You have entered in invalid information, please close this window to try again. Thank you.
Vat My Hand Close Button

Invalid Security Code

 
 
The security code you have entered does not match the one provided. Please close this box and try again.
Vat My Hand Close Button

Upload Report

 
 
 
 
 
 
...... uploading ......