Juan-Jaques gets help to recover from a hit-and-run

My seun Juan-Jacques Tesnar is in April 2009 omgery in 'n tref en trap ongeluk. Hy was op daardie staduim 12 jaar oud,'n baie goeie Provinsiale atleet wat gereeld elke jaar vir Landloop en Atletiek gekwalifiseer het vir Suid-Afrikaanse Kampioenskappe. Hy was die middag van 23 April besig om voor te berei vir Landloop Sa's wat op hande is, toe hy buiteNelspuit deur 'n bakkie getref is en die bestuurder weggejaag het.

 
Vat My Hand Example
Vat My Hand View Video
 
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
 

Initial Request

Ek het gelukkig aan die oorkant van die pad gery langs hom om sy padwerk te monitor toe die ongeluk gebeur het, en kon onmiddellik met hom na Medi Kliniek jaag.



In die ongeluk het hy 'n oop fraktuur van sy L Femur gehad, wat agter by die waai van sy been uitgehang het. Sy milt het gebars en moes geheg word, hy het 'n skeur in sy Linker long gehad en 'n klein skedel fraktuur. Die ergste besering egter, en wat die res van sy lewe verander het, was sy R enkel wat vergruis was en net aan 'n 3cm stukkie vel en die akilus tendon gehang het. Aanvanklik was daar geen voetpols en het die dr vir ons gesê dat hulle die voet sou moes ampeteer, maar met onmiddellike landwye ketting gebede wat versprei is, asook die gebede van 200 000 mans by die eerste Mighty Men Konfirensie wat daardie aand in aanvang geneem het, het die Here daardie aand 'n magtige wonderwerk gedoen. Na 45min, was 'n voetpols voelbaar ten spyte daarvan dat die voet morsaf los van die liggaam was. Toe die verpleegpersoneel die voet teen sy lyf terugdruk en toedraai, het die bloedvate kontak gemaak en die bloed het begin vloei.

Die verbrokkelde beentjies in die voet is hierdie aand in 'n 4ure lange operasie met draadjies soos 'n naald en gare aan mekaar vasgewerk net om dit bymekaar te hou en 'n puzzle is gebou om die voet so goed moontlik bymekaar te kry. Daar was egter geen enkel meer nie, geen ligamente of 'n gewrig nie en baie rekonstruktiewe operasies was nodig in die toekoms.



Na 2 maande is hy terug skool toe met 'n rolstoel, vir nog 12 weke, daarna op krukke vir nog bykans 1 jaar. Sy hande was letterlik in flarde van die krukke. Deur nog baie Genade van Bo, het ons verlede jaar by dr Fief Ferreira in Pretoria uitgekom - hoewel hy 'n waglys van meer as 8 aande gehad het, was hy met 'n spesiale vergunning bereid om ons te sien een oggend 06:30, voordat sy lys vir die dag begin. Dit was die begin vir 'n nuwe toekoms vir ons seun.



Na baie komplikasies met die voet, is daar in Maart hierdie jaar besluit om binne 'n week die voet te opereer. Op 25 Maart het nog 'n 5ure lange operasie gevolg waarin totale rekonstuksie van die voet gedoen is, die voet is van vooraf her opgebou uit skenker been en been wat uit sy rug geneem is. Hierna is 'n pen vanuit die haak deur die onderbeen gedruk en met skroewe en drade van die kante af vasgemaak, met die gevolg dat ons seun se enkel vir die res van sy lewe styf gaan wees - hy sal dus nooit weer aan enige hardloop sport of iets soos gholf kan deelneem nie. Ons moes elke 4 weke hierna terugry Pretoria toe vir gipsruilings en behandeling en na 16weke is die gips verwyder en moes ons vir 2-3maande elke dag intensiewe Fisioterapie ondergaan om te leer om reg te loop en die spiere in die been, boud en rug sterker te maak.



Omdat die groeiplaatjie in die ongeluk beskadig is, en uit die aard deur die operasie wat hy ondergaan het, het die twee bene in Junie hierdie jaar alreeds 5,2cm verskil. Sy een skoen is opgebou sodat hy intussen so normaal moontlik oor die weg kan kom. Op die oomblik het die L been alreeds weer gegroei, en is vir ons voorgestel om so gou moontlik te begin om die Rbeen langer te maak - die been word gebreek en 'n pen moet weereens binne-in geplaas word met staal draadjies na buite. Hy knak sy voet dan op 'n sekere manier een maal per dag waarop die been dan 1mm per dag gerek sal word. Hierdie prosedure volg totdat altwee bene dieselfde lengte is. Dit kan tot 6maande duur volgens die dr.



Met al bogenoemde is gedagte, is ons Mediese fonds natuurlik alreeds by ongeveer April elke jaar uitgeput en is alle uitgawes vir ons sak. Die operasie van dr Fief Ferreira het ongeveer R39 000 gekos waarvan die medies R5 800 betaal het. So kan ons met die narkotiseer, x-strale, scans, fisioterapie elke dag vir 2+ maande, ens voortgaan en alles uiteensit. Niks van die behandelings buite die hospitaal het die medies in elk geval betaal nie, want dit was uitgeput.

Die langermaak van die been volg nou aan die einde van November sodra sy eksamen afgehandel is, want omdat hy vir meer as 'n kwartaal uit die skool afwesig was en 2 eksamens misgeloop het, is hy verplig om die November eksamen volledig te skryf. Ons gaan volgende week na die dr, dr Frantzen wat die been moet langer maak om die prosedure te bespreek, maar hy het ons gekontak verlede week met die nuus dat die pen wat in Juan-Jacques se been gesit moet word, R100 000,00 kos en nie deur die mediese fondse gedek word nie aangesien dit 'n redelik nuwe prosedure in Suid-Afrika is en daar wel ander alternatiewe beskikbaar is. Die raamwerk om die been, is egter nie 'n opsie met die skenkerbeen in Juan-Jacques se enkel nie, en omdat hy dit vir ongeveer 6maande gaan moet dra, is infeksiegevare en risiko's te groot.



Op die oomblik is ons steeds besig om elke maand aan al die mediese rekenings af te betaal - ons betaal meer as R4 000 per maand aan rekenings en raak net meer en meer agter. Sodra ons dink 'n rekening is klaar, is daar net die volgende maand 3 ander. Nou het ons nog hierdie nuus ook ontvang. Die operasiekostes, narkotiseer, hospitaal, nog x-strale, ens moet ook nog bykom en ons kan net nie meer kop bo water hou nie.



Ons het gedink om teen ongeveer middel Desember, ongeveer 12-15de, 'n kunstenaar te kry om 'n Kersprogram - Carrols by Candelight - te kom doen vir fondsinsameling vir Juan-Jacques se mediese onkostes, en wil graag 'n versoek aan Bobby en sy suster, Karlien en vra of hulle nie sal oorweeg om ons behulpsaam te wees in hierdie projek nie. Ons sal al hulle onkostes dek van Pretoria tot hier en terug asook hul verblyf en etes ens ens, as hulle ons kan help om of gratis of teen 'n baie spesiale tarief sodat ons soveel moontli fondse kan insamel.



Ek sal dit regtig waardeer indien u hul agente, en Bobby en Karlien dit kan oorweeg, of andersins vir ons 'n datum gee wat hulle beter pas indien nodig, om sodoende te help om vir hierdie seun, nou 15 en die fleur van sy tienerlewe, net te help om hierdie fondse bymekaar te kry om al hierdie operasies af te handel om sodoende vir hom 'n normaal moontlike toekoms te skep ASSEBLIEF. Op hierdie staduim verskil die beenlengtes alreeds weer want hy is aktief besig om te groei, en kan ons ook nie langer uitstel met hierdie operasie nie, aangesien hy dan volgende jaar weer by die skool afwesig sal moet wees.



Ek sal dit regtig waardeer indien u hierdie 'n gebedsaak sal maak en sal reageer soos wat God julle lei hierin. Dit is regtig vir 'n goeie doel en alle ander pogings, oopmaak van trust, Good Morning Angels, ens, was alreeds onsuksesvol.



Baie dankie dat julle hieroor sal dink en die versoek sal oorweeg.



Groete



Andriesa Tesnar



REQUEST FROM: Andriesa Tesnar (082-820-8271)



REQUEST FOR: 12-year old Juan-Jacques Tesnar



ANGEL: Instantlife.co.za represented by Dot Field



SPONSORING: R20 000.00

 
 
Comments

kobuslamprecht said on 2012-01-09 09:43:32

Ek het gister aand na die program gekyk..,.Ek bid en vertrou Pappa God is met Juan-Jaques se lewe...

Pappa God is in beheer.
 
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
 
 
 
Vat My Hand Sponsors
Vat My Hand Close Button

I need help

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for making a difference!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
How would you like to be helped?
 
 
Vat My Hand Close Button

Send the VatMyHand Producers an Enquiry

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for your enquiry!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
Please type your enquiry below
 
 
Vat My Hand Close Button

Add a Comment

Please complete the form with your desired comment, thank you for your comment!
 
 
Your Name
Your email address
Suggest a URL should you wish
Your comment
 
 
Vat My Hand Close Button

I want to help: Juan-Jaques gets help to recover from a hit-and-run

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for making a difference!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
How would you like to help?
 
 
Vat My Hand Close Button

Login

 
Username:
Password:
 
 
     Register
Vat My Hand Close Button

Register New User

 
Name:
Email:
Username:
Password:
Repeat Password:
 
 
 
Vat My Hand Close Button

Submission Successful

 
 
Thank you for your submission, it has been sent successfully!
Vat My Hand Close Button

Invalid Submission

 
 
You have entered in invalid information, please close this window to try again. Thank you.
Vat My Hand Close Button

Invalid Security Code

 
 
The security code you have entered does not match the one provided. Please close this box and try again.
Vat My Hand Close Button

Upload Report

 
 
 
 
 
 
...... uploading ......