Baby Jaandri Ellis (Good Morning Angels)

Baby Jaandri Ellis was born on 8 March ... on 31 weeks. She weighed only 1,74 kg at birth and was five day old before her mommy, Alicia and daddy, Jaco could hold her for the first time. Alicia's, who has RH-factor blood, had a difficult pregnancy which was closely monitored.

 
Vat My Hand Example
Vat My Hand View Video
 
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
 

Initial Request

Goeie more aan die Jacaranda & Good Morning Angels span.



Ek skryf namens ??n baie spesiale 4-maande oue klein dogtertjie genaamd Jaandri en haar ma. Alicia Ellis werk saam my en is ook een van my vriende. Hier is agtergrondinligting oor die probleem wat hulle moet bemeester:



Alicia was 16 weke swanger toe sy vir 'n MacDonalds Steek gegaan het om te keer dat haar baba vroeg gebore word. Op 17 weke is sy gehospitaliseer, omdat sy in kraam gegaan het. Op 20 weke het sy vir 'n sonar gegaan (R1900) om te kyk vir bloedklonte. Sy het op 23 weke en 24 weke weer in kraam gegaan. Op 27 weke het haar ginekoloog haar verwys na 'n fetusspesialis toe. Die RH probleem is opgetel. Alicia se bloed beskou haar baba se bloed as 'n infeksie. Die fetusspesialis moes haar dogtertjie elke 10 dae toets. Die dogtertjie se brein en lewer se bloedvloei is getoets deur 'n spesiale sonar. Die eerste afspraak was R1500 en elkeen daarna R900. Alicia moes weekliks vir bloedtoetse gaan om te kyk of die teen-liggame se telling verhoog. Bloedtoetse wat op 19 weke gedoen is het die medies nie betaal nie (R1500). Net voor 31 weke het die baba ophou beweeg. Alicia is weer opgeneem en elke uur gemonitor. Jaandri is die 8ste Maart op 31 weke gebore. Sy het 1.74kg geweeg en het erge geelsug gehad. Sy was op 'n ventilator vir 2dae en is daarna op 'n masjien gesit wat lug in die longe blaas tot 15 Maart, en Alicia kon vir Jaandri die 13de Maart vir die eerste keer vashou. Jaandri was in die neonatale icu tot 6 April. Sy het toe twee bloedoortappings al gehad. Sy is ontslaan op 2.4kg. 8 April het Jaandri 3 keer opgehou asemhaal. 9 April weer 1 keer. Elke keer het sy self herstel. Op 10 April die aand, het Jaandri opgehou asemhaal en nie self herstel nie. Jaco, haar pa, het CPR toegepas (Jaandri was blou in haar gesig) en hul het ongevalle toe gejaag. By die hospitaal moes hul self hul baba aan die lewe hou en het 3ure gewag vir 'n ambulans-oorplasing na Wilgeheuwel toe. Jaandri is weer opgeneem in die icu en het weer 'n bloedoortapping gekry. Sy is 16 April ontslaan. Op 26 April het Jaandri na elke voeding opgegooi en sy is 30 April weer in die icu opgeneem en het dieselfde aand 'n bloedoortapping gekry. Op 3 Mei is 'n Barium Swallow op Jaandri uitgevoer. Poloric Stinosis is by haar gediagnoseer. Die pediatriese chirurg was verbaas om te sien dis 'n dogtertjie, aangesien dit in meeste gevalle net by seuns voorkom. Dis die gedeelte van die maag wat in die derm gaan wat 'n blokkasie gehad het. Op 4 Mei het Jaandri 'n operasie gehad. Sy was weer op 'n ventilator toe sy uit teater kom. Jaandri is op 7 Mei ontslaan. Sy weeg nou 3.9kg. Sy gaan ook nogsteeds elke 2weke vir bloedtoetse om te kyk of nog bloedoortappings nodig is en moet die pediater ook gereeld sien. Die narkotiseur wat die spinaal op Alicia gedoen het, moet nog R1900 betaal word.



Die probleem wat hierdie gesin in die gesig staar is dat die mediesekoste tot dusver ongeveer R250,000.00 beloop, waarvan die medies ongeveer R20,000.00 nie betaal nie. Hul wag nog vir die laaste operasie se rekeninge, so dis nie eers ingesluit nie. Om dit alles te kroon is Jaco se kredietkaart in Maart gesteel en R7000 is gebruik wat Jaco en Alicia ook nog moet terugbetaal. Hulle het juis voor Jaandri se geboorte elke spaargeldjie gebruik om hulle kredietkaart af te los sodat hulle geld beskikbaar kan hê indien nodig na hul dogtertjie se geboorte. Op hierdie stadium is hul emosioneel so uitgemergel en moeg, hul sukkel om kop bo water te hou asook om finansieel die mas op te kom. Gewone uitgawes soos water en ligte, kos, petrol, ens. is ??n laaste prioriteit want hul probeer net om mediese onkostes te dek sodat hul dogtertjie aan die lewe kan bly. Intussen sukkel hulle en hul ander 4-jarige dogter, Chandri om ??n bestaan te maak!!!



Indien dit ENIGSINS moontlik is, kan u hulle help met die mediese uitgawes sodat hulle weer kan begin om kos te koop, petrol, water en ligte, en al die ander noodsaaklike alledaagse uitgawes dek wat nodig is om te bestaan.



By voorbaat dank vir u tyd om hierdie epos te lees.



Groete

Mellinda de Bruyn

Topic Progress


Posted on 2011-08-21 12:06:43

Baby Jaandri Ellis was born on 8 March ... on 31 weeks. She weighed only 1,74 kg at birth and was five day old before her mommy, Alicia and daddy, Jaco could hold her for the first time. Alicia's, who has RH-factor blood, had a difficult pregnancy which was closely monitored. After baby Jaandri's birth, many more medical interventions were needed, but she left the hospital a month later. This was however just the start of baby Jaandri and her family's medical uphill. She returned for tests and observation after she stopped breathing a few times and again for an operation to repair a blockage in her intestines when she was just two months old. Two weeks ago, she was in ICU again after she stopped breathing due to some flu, but she's home again and doing well. The family has a medical aid, but some R20 000,00 has not been paid. They are struggling to make ends-meet and have prioritized their baby's health above other expenses. They also have a four-year old daughter, Chandri.
 
 
 
Comments

Mellinda de Bruyn said on 2011-07-12 09:41:47

Goeie dag Ben

Ek wil net weereens vir jou BAIE dankie se vir wat julle vir Jaco, Alicia en Jaandri Ellis gedoen het.

Ek dink die realiteit van wat vanoggend gebeur het, het eers ‘n paar uur later ingeskop by ons almal. Ek het met trane in my oe huis toe gery.

Die gedagte wat my die meeste getref het, is dat vandag weereens ‘n bewys is dat ‘n mens geen beperkings op God se genade kan plaas nie. Vandag was weereens ‘n bewys van Sy liefde vir ons en dat wonderwerke met normale, doodgewone mense daagliks gebeur.

My gebede is dat God julle hande sal vat en seen sodat julle nog baie ander mense so kan help.

Die grootse gedagte wat heeldag al in my gedagtes maal is ...... WHAT A MIGHTY GOD WE SERVE!!

Groete
Mellinda de Bruyn

Martie Slabbert said on 2011-07-21 11:21:29

Dit maak my hart so seer as ek lees van mense wat so in nood is en nie gevra het daarvoor nie. Ek het ook hierdie jaar my suster verloor skielik wat met kanker gediagnoseer was. En ek het eendag gesit en met die Here gepraat en gevra wat moet ek doen om mense te help. En hy het vir my uitgewys dat ek 'n Boek moet skryf en ek het dadelik my resources bymekaar gemaak en my boek begin en is baie trots daaroor. WENKE VIR DIE DESPERATE HUISVROU / HINTS FOR THE DESPERATE HOUSEWIFE en gaan oor alles in en om die huis asook goeie gesondheidswenke en gebruike van Natuurlike Produkte in die Huis. Nou het ek Hom gevra wat moet ek doen om my boek te bemark en hierdie week sien ek die web van Vat My Hand toe besef ek dat ek julle moet kontak om julle mee te deel dat ek my boek gaan begin verkoop en 25% van die verkope aan Vat My hand te gee om vir mense met bogenoemde behoeftes te kan voorsien. Dit kan hulle dalk net help om kos en ander huis uitgawes te betaal. Ek sal dit waardeer indien julle my kan kontak sodat ons die toestemming van Vat My Hand kan kry om daarmee voort te gaan. Dit kan my bedrae wees vir solank die Here my sal spaar. Groete Martie Slabbert

 
Vat My Hand Example
Vat My Hand Example
 
 
 
Vat My Hand Sponsors
Vat My Hand Close Button

I need help

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for making a difference!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
How would you like to be helped?
 
 
Vat My Hand Close Button

Send the VatMyHand Producers an Enquiry

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for your enquiry!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
Please type your enquiry below
 
 
Vat My Hand Close Button

Add a Comment

Please complete the form with your desired comment, thank you for your comment!
 
 
Your Name
Your email address
Suggest a URL should you wish
Your comment
 
 
Vat My Hand Close Button

I want to help: Baby Jaandri Ellis (Good Morning Angels)

Please complete the form with as much detail as possible, thank you for making a difference!
 
 
Your Name
Your email address
Your contact number
How would you like to help?
 
 
Vat My Hand Close Button

Login

 
Username:
Password:
 
 
     Register
Vat My Hand Close Button

Register New User

 
Name:
Email:
Username:
Password:
Repeat Password:
 
 
 
Vat My Hand Close Button

Submission Successful

 
 
Thank you for your submission, it has been sent successfully!
Vat My Hand Close Button

Invalid Submission

 
 
You have entered in invalid information, please close this window to try again. Thank you.
Vat My Hand Close Button

Invalid Security Code

 
 
The security code you have entered does not match the one provided. Please close this box and try again.
Vat My Hand Close Button

Upload Report

 
 
 
 
 
 
...... uploading ......